Client Testimonials

It is always so nice to get a compliment and recommendation from our clients. Thank you!

Ek wil vandag net julle span hartlik bedank vir julle uitstaande diens, moeite en vriendelikheid.
Deesdae is goeie diens maar skaars en ʼn mens is skoon verbaas as iets werk, en ek glo julle verdien ʼn pluimpie in die hoed.
So deur die jare het ek (en baie van my vriende) al heelwat kere van julle diens gebruik gemaak en nog altyd was dit ʼn plesier.
ʼn Jaar terug het ons gesukkel om plek in die Kgalagadi te kry, ʼn Dame (kan ongelukkig nie haar naam onthou nie) het gesê daar is geen plek nie maar ek moet my naam, nommer en datums vir haar gee en sy sal kyk as daar moontlik ʼn kansellasie inkom. Dit was nie te lank nie toe kry sy vir ons plek..ek kon dit nie glo nie.
Nou weer dieselfde storie, ons probeer plek kry by Krokodilbrug, maar pure verniet, geen plek.
Melische sê sy sal my bel as daar iets inkom.....nie lank nie en sy bel, eers vir twee aande verblyf en later toe bel sy weer vir nog ʼn aand. Ek kan eintlik nie glo sulke dinge gebeur nog nie .

Baie dankie vir die hele span daar by EZI Bookings, julle laat mens sommer weer glo in die mensdom.

  • Dirk Pretorius

Hallo Joween, 

Hierdie kort emailtjie is net om (namens die familie!) vir jou baie dankie te sê dat jy ons gehelp het om die byna onmoontlike reg te kry en vir ons ‘n lekker bespreking in die Julie skoolvakansie volgende jaar in die Kruger wildtuin reg te kry. 

Baie dankie vir jou vriendelike diens, jou hulpvaardigheid en toewyding aan jou werk. Dit was ‘n ongelooflike lekker ervaring om saam met jou te werk en ervaar hoe jy met groot vriendelike geduld die bespreking “cut and paste” totdat ons ‘n lekker blok bymekaar het. 

Ek is ‘n baie “happy” kliënt en het baie groot waardering wat jy vir ons so met ‘n “smile”  gedoen het! 

Ons het die naweek ons bespreking mooi bekyk en ek gaan jou later vanoggend bel om die finale “trimming” te doen. 

Nogmaals baie dankie.

  • André Louw

Elize Hanekom en Personeel

Ontvang hiermee my dank en waardering vir die vriendelike en behulpsame wyse waarop julle nog elke keer my telefoniese besprekings en navrae vir SAN Parke hanteer het. Die afgelope paar jaar het ek al my besprekings deur julle kantoor laat doen en elke keer was dit vir my ’n aangename ervaring om met een van julle telefonies te kon praat. Kritiek en swak diens is vandag volop maar dankie en goeie diens is skaars. Hier is ’n dankie vir goeie vriendelike diens!

Beste groete

  • Jurie Badenhorst

Goeie more

Hoe sê mense dankie vir mense soos julle.  Ek is defnitief te dom om dit te probeer. Al wat ek dus kan sê is net baie dankie. Ek kan dit nou nog nie heeltemal glo nie maar baie,baie dankie. As julle ooit n gloeiende aanbeveling wil hê kan julle maar op ons knoppie druk. 

Ons kinders gebruik die ander staanplek en toe ek hulle nou bel met die nuus was hulle behoorlik stom geslaan dat daar nog sulke diens in die land is. 

Baie dankie

  • Daan Rousseau en hele familie

Dear Sir/Madam

On Friday 1 June 2012 I had the pleasure of being helped by your Jolene (Joween) in making a reservation for a camping tour to Kruger National Park in May next year.

The service I received from Jolene was outstanding. It was effective, efficient, humourous and most courtious. In short, it was an absolute pleasure to receive this astounding level of service which reflects extremely well on Ezibookings.

I make a point of recommending you to friends and acquaintances who wish to make bookings for visits to National Parks. This allows me to appropriately recognise and, indeed, advertise your service excellence.

Thank you so much.

  • S.B. Ross-Jones

Beste Elize & span!

Net ’n kort boodskappie om my grootste dank en waardering aan jou en die span oor te dra. Ek besef dat my versoeke en voorkeure julle seer sekerlik besig gehou het. Baie dankie vir die uiters professionele wyse waarop julle die bespreking hanteer het en die deernis wat ek by jou gehoor/ervaar het.

Ek het die ruskansie baie geniet...ons het pragtige diere gesien en die saam-wees met my broer was kosbaar!...

Ons gesels weer vorentoe.

  • Andries Nel

Hi Elize

I have just been into your website and it is great. It is now on my Favourites list - so in future I will be doing my bookings through you! So glad to have found you.

Regards

  • Val Morton

Dear Mr. Tlhobolo

A compliment was received telephonically from a client Ms Debbie Donald re the fantastic and excellent service from the Stellenbosch satellite office (Ezi Bookings).

Regards

  • Ruth Thabane

    Manager: Corporate Sales SANParks

Beste Elize, Bilquees en Nadia

Nou kon ek sien hoe lyk die vriendelike span met wie ek elke oggend die afgelope tyd gepraat het. Nogmaals duisend dankies vir al julle moeite met ons bespreking. Julle is puik en sowaar die beste!

  • DF en Pauline van Tonder

Elize en Span

Ek wil net langs hierdie weg n PUIK span bedank vir uitsonderlike diens.Baie dankie vir jul regtig bo-gemiddelde diens aan die publiek in tye waar ons al gewoon geraak het aan swak of geen diens. Die Parkeraad kan hulle werklik gelukkig ag dat julle die middelman is wat met besprekings behulpsaam is.

Wees verseker van my en my vriende se toekomstige besprekings deur julle bekwame span.

  • Andy Anderson

Dear Ms Ruth Thabani, [From SANParks]

I hope that this email finds you in good health.

I would just like to bring to your attention the extremely efficient and friendly service we have received from Ezibookings in Stellenbosch. In particular one young lady by the name of Bilquees Daniels.

We had long standing bookings for the Kruger but due to family commitments had to change them, at relatively short notice, to the Kgalagadi.  This involved much deliberation about bookings, accommodation availability and the deposit we had placed with yourselves for our initial booking.  The National Parks are always well booked so our hopes were not too high that we would get in, nevermind book what we really wanted.

Bilquees Daniels took all our information - cancelled the Kruger booking and booked us into the Kgalagadi park and then slowly managed to organise and accommodate ALL our requirements when cancellations became available.  She would phone us regularly and update us on the state of our booking and, as late as last week, she managed to grant our final accommodation request. But at no stage were we without a booking in the park albeit not our first choice.

This kind of efficient, helpful and enthusiastic service can only be highly commended.  It was an absolute pleasure doing business with Bilquees and I will not hesitate to book through Ezibookings again and recommend all my friends and acquaintances do the same.

  • Mrs S.V. Frew

INSAKE  :  UITSTEKENDE DIENS !

Graag wil ek hiermee ons opregte dank en waardering uitspreek vir die moeite wat die personeel van Sanparke Ezi Bookings gedoen het om vir ons kampeerplek te kry in die Kruger Nasionale Park gedurende Junie/Julie 2010.

Ons het ook reeds in die verlede van genoemde kantoor gebruik gemaak vir besprekings en nog elke keer is ons met hope vriendelikheid, hulpvaardigheid en vinnige diens behandel. Genoemde kantoor, spesifiek Nadia en Elize, getuig van professionalisme en toegewyde personeel wat daarna streef om hulle kliënte gelukkig te hou en net die beste vir hulle kliënte te lewer.

Ek kan u verseker, dat ons ook in die toekoms van geen ander kantoor as Ezi Bookings, Stellenbosch gebruik sal maak nie (met tye wens ons ons kon alles deur hulle doen/bespreek).  Hierdie kantoor, en dan spesifiek die twee genoemde personeellede, is beslis 'n aanwins vir u maatskappy - 'n kantoor en personeel waarop u baie trots kan wees.

Nogmaals baie, baie dankie vir al u vriendelikheid en hulpvaardigheid.

  • Berdine Loock

Hi Elize,

DANKIE , Dankie , ek kan nie vir jou vertel wat dit vir my beteken om so vriendelik gehelp te kon word nie

Julle is voorwaar ,n voorbeeld vir die res van die land of waar ook al dienslewering behoort plaas te vind.

Beste vir 2011

Groete

  • Gert S Botha

I would like to thank Nadia Rhode from the Stellenbosch SANParks office for the excellent customer service we received from her while booking our recent holiday to the Kruger Park. Nadia is an absolute gem - she is so efficient that it is astounding; she is friendly, positive and customer focussed. I have not experienced such wonderful service in many years and believe that she deserves a special acknowledgement for her dedication and commitment to customer service. Well done, Nadia - and keep shining. South Africa needs a million of you!

Warmest regards and thanks.

  • Cheryl Robertson

Dear Jacques,
This is just a note to thank you for, once again, wonderful service from your office.
I am delighted with the booking at Lower Sabie and I am sure that my son, my grandson and I, will enjoy ourselves enormously.

Thanks again and kind regards to all,

  • Lieke Thoolen

Dear EZI-Bookings-Team,

yesterday we received the confirmation of our booking request for KNP next summer. We are so happy that we got all our favourite camps. Thank you very much for your excellent and quick work!!!

Thank you once again, and best regards,

  • Wanner family

Dear Elise

I was given your Company’s contact details by Peter, “Bush Baptist” on the SANParks Forum, and I have had the pleasure of making bookings and payments with Joween and Kyle.

They were both very friendly and helpful, and it was an absolute pleasure dealing with them. By far the best service I have had from any of the SANParks reservation and satellite offices I have dealt with.

Thank you very much for the wonderful service that your staff delivers.

Kind regards

  • Linda Jones